Select Page

Sandbaai-inwoner stel sy debuutroman bekend

Deel hierdie artikel:

Heinz Meissner het nooit gedroom dat hy ook eendag lesers met een van sy boeke op ‘n ontdekkingsreis gaan neem nie.

Dit was eers toe hy boeke en artikels gelees het oor hoe om ‘n boek te skryf, dat dié idee begin posvat en sy debuutroman, Rolf se restourasie het in April 2024 die lig gesien.

Volgens Heinz is die tema van die verhaal herskepping. Die hoofkarakter, Rolf, word gekonfronteer met hartseer en situasies wat sy integriteit uitdaag en hy moet diep binne hom gaan soek vir antwoorde en rigtingwysers.