Select Page

Die taal van die liefde

Deel hierdie artikel:

‘n Taal sterf saam met sy laaste spreker, so word algemeen aanvaar. Daar is egter uitsonderings. ‘n Dooie taal kan voortbestaan in die geskrifte van sy onsterflike skrywers. Latyn is so ‘n taal. Dit word wêreldwyd nog op skool en universiteit onderrig, en daar verskyn voortdurend nuwe vertalings uit die Latynse letterkunde – ook in Afrikaans.

In 2022 het Jan Swanepoel se vierde digbundel verskyn onder die titel die belewenisse van ‘n latinis.