Die huwelik tussen woord en beeld
Deel hierdie artikel:
Twee Turksvy-digbundels, digby (2022) en Gekaapte stad (2024), deur onderskeidelik Elmarie Stofberg en Martin Kruger, word op LitNet bespreek deur die literator dr Nini Bennett-Moll.
Die ooreenkoms tussen hierdie twee digbundels is hul ekfrastiese inslag, met ander woorde albei se interaksie tussen teks en beeldende kuns. Sowel Elmarie en Martin se verse word vergesel van hul eie kunswerke. Martin is ‘n argitek van Kaapstad en Elmarie ‘n linguis van Rawsonville.






