‘Ek’t geklop aan die dood se deur’
Deel hierdie artikel:
Anita van der Walt (‘n afgetrede mediese dokter) het in 2024 haar vierde digbundel, elke strooihalm op sy plek, gepubliseer. In hierdie artikel deur Jackie Pienaar-Brink wat in Rapport verskyn het, vertel sy van haar skryfloopbaan; ook van haar terugslag sowat twee jaar gelede toe ‘n brein-aneurisme haar getref het. Dit het nuwe dryfkrag aan haar skeppendheid as digter gegee, ‘n bewys dat terugslae soms op jou pad kom om jou ‘n sterker mens te maak.
eerste strale van die son
dag breek nagskadu
fyn en flenters in fraksies
witlig wat skaamrooi
oor die horison huiwer
en Aarde helder verlig
(uit: elke strooihalm op sy plek)






