Select Page

Wanneer woorde asemhaal; ‘n lesersindruk

Deel hierdie artikel:

Maritha Broschk se bundel, Wanneer woorde asemhaal (2024), bied ’n breë en diverse blik op die menslike ervaring. In hierdie bundel verken sy uiteenlopende temas soos liefde, verlies, vrouwees en die natuur, elkeen benader vanuit verskillende oogpunte en met intense emosie. Ek is van mening dat die volgende drie gedigte sentraal staan om die temas van rou, herinnering en die beperkings en moontlikhede van taal te ondersoek: “Doodverlang” (bl 83), “Swanesang” (bl 56) en die titelgedig “Wanneer woorde asemhaal” (bl 63). Hierdie gedigte beklemtoon die menslike behoefte aan verbintenis en werp lig op die pogings om moeilik verwoordbare emosies uit te druk.

Oor die resensent:
Kruger Uys is ‘n dosent in die Departement Geesteswetenskaplike Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy spesialiseer in Afrikaanse taalmetodiek, semiotiek en edusemiotiek. Sy navorsingsbelangstellings sluit Afrikaanse taalkunde en letterkunde, multigeletterdhede en akademiese geletterdheid in.

Mnr. Uys het sy BEd VOO met lof in 2017, sy BA Honneurs in Toegepaste Taalstudies in 2018, en sy MEd in Kurrikulum- en Instruksionele Ontwerp en Ontwikkeling in 2023 aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Hy werk tans aan sy PhD in Geesteswetenskaplike Opvoedkunde, met ‘n fokus op transmediale narratiewe in hoërskoolletterkunde-onderrig. Sy navorsing ondersoek hoe transmediale storievertelling leerders se betrokkenheid en geletterdheidsvaardighede kan bevorder.