Select Page

Kuber-verraad

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R320 (BTW ingesluit)

Verskyningsdatum: 2026
Aantal bladsye: 352
ISBN: 978-1-0483-0221-9

 

Net voor Suid-Afrika se nasionale verkiesing word die land die teiken van Umlilo – ’n geheime plan om chaos te saai en ’n kommunistiese diktatorskap te vestig. Die Professor, ’n KGB-agent met ’n persoonlike vendetta, trek die toutjies. Mac en sy span moet ’n KI-fopnuusaanval stuit. Terwyl hy veg teen digitale en fisiese vyande, word sy geliefde Sonja deur die CIA gewerf en by ’n gevaarlike dubbellewe ingesleep. Jerome, sy mentor met twyfelagtige belange, word ingespan om die geheime operasies te neutraliseer. Intussen word Shortie, Mac se lojale vriend, meegesleur in ’n wraakreis ná ’n bloedige aanval in Constantia. Wanneer geld, wapens en geheime besendings se pad kruis met die Boeremag en ’n Russiese vloot, besef Mac en sy bondgenote die demokratiese eksperiment is op die rand van vernietiging, wat die wêreldorde kan verander. Kan Mac, Sonja, Jerome en Shortie die verraad keer – of is dit reeds te laat?

DeWet Bisschoff

DeWet Bisschoff is in Pretoria gebore en het op ’n plaas naby Steynsburg grootgeword. Vandag woon hy in die Wes-Kaap saam met sy vrou, Miranda … sy jeugliefde. Met ’n agtergrond in rekenaarwetenskap en ’n MBA dien hy as senior konsultant by ’n globale firma. Hy leef naby die natuur: voëlkyker, jagter, visserman en toegewyde fotograaf. Wanneer hy nie lees, sport kyk of rooiwyn geniet nie, skryf hy – stories wat uit die landskap, mense en spanning in Suid-Afrika gebore word.