Select Page

Twee mense, een Verlosser

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R260 (BTW ingesluit)

Verskyningsdatum: 2026
Aantal bladsye: 228
ISBN: 978-1-0492-6954-2

 

Mara Bezuidenhout glo daaraan om oral langs die pad saadjies van geloof te plant. Daarom dat sy nou, op tagtigjarige ouderdom, haar debuutroman gepubliseer het. Twee mense, een Verlosser vertel die parallelle verhale van Zuzette Louw en Pierre Potgieter, wat mettertyd ten nouste verweef raak. Verwerping loop soos ’n goue draad deur albei se lewe. Daar is egter ook die besef dat daar aanvaarding en liefde by hul Koning is.

Mara Bezuidenhout

Mara is in 1945 in Vanderbijlpark gebore, maar bevind haar deesdae in die buiteland. Sy is ’n opgeleide onderwyser, wat haar beywer het vir die onderrig en ondersteuning van kinders met leer- en fisieke gestremdhede. So toegewyd was sy tot die opvoedkunde, dat sy twee skole begin het om ’n blywende impak op haar gemeenskap te maak. Ná ’n vervullende loopbaan het sy en haar man, Pieter, afgetree in Brisbane, Australië, waar hulle twee dogters, Natascha en Marlize, met hul gesinne woon.