Oupa se onthou
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220 (BTW ingesluit)
Verskyningsdatum: 2026
Aantal bladsye: 36
ISBN: 978-1-0483-1004-7
Oupa se onthou is ’n verhaal vir jong lesers oor alzheimersiekte en demensie, wat soveel families en gesinne ontwrig. Klein Johan beleef sy oupa se siekte anders as sy pa, ma en ouma. Hy verstaan Oupa se vergeet soveel beter as hulle en wens dat hulle eerder op die onthoustories fokus. Johan leer lesers om met deernis en liefde te kyk na bejaardes wat hieraan ly en saam met hom weer die mooi in anders wees raak te sien.
Ilani de Klerk
Ilani de Klerk is in die hart van die Karoo gebore en het grootgeword tussen die pragtige Sederberge by Clanwilliam, waar sy ook skoolgegaan het. Sy het onderwys op Wellington gestudeer en die lewe se paaie het haar weer na die Karoo teruggeneem. Vandag woon sy op ’n plaas naby Fraserburg. Ilani, ’n onderwyseres, is die trotse ma van drie seuns. Sy het ’n groot liefde vir kinders en ’n besondere passie vir stories wat jong harte inspireer en laat droom. Met hierdie boek wil sy graag hê dat mense met ’n ander bril na “vergeetsiektes” kyk.
