Select Page

Vlerke is vir vlieg

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R270 (BTW ingesluit)

Verskyningsdatum: 2026
Aantal bladsye: 100
ISBN: 978-1-0665794-6-4

 

sal ek
my laaste
woorde praat
voor ek my
vlerke sprei
en hierdie wêreld
se babelse verwarring agterlaat

Die digter kyk met ’n nugter oog na die wêreld. Haar sober en soms minimalistiese verwoording van ervarings sluit geensins intense emosies en meelewing met ander uit nie. Sy het groot begrip vir mense se hunkering na bevryding uit die alledaagse sleur en pyn. Ons almal verlang na vlerke.

Jeanne Henning Els

Jeanne Henning Els het ’n voorliefde vir mens en dier en verken graag stiltes en afdwaalpaaie. Sy het in die Paarl grootgeword en ’n honneursgraad in joernalistiek aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Haar loopbaan as joernalis begin by Die Burger en mettertyd word sy vryskutskrywer vir veral tydskrifte. Twee niefiksie-boeke en drie essaybundels het uit haar pen verskyn. Vlerke is vir vlieg is haar eerste digbundel.