‘n Kwessie van toeval
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R270.00 (BTW ingesluit)
Verskyningsdatum: 2026
Aantal bladsye: 202
ISBN: 978-1-0665794-0-2
’n Kwessie van toeval handel oor ontmoetings – beplan en onbeplan – tussen mense wat soms tot hofmakery lei of in die hof eindig, vandaar ook die twee afdelings van die bundel: Hof en Hofmaak. Onder die soeklig van die liefde en die gereg is mense op hul deursigtigste én kwesbaarste. Die verhale is almal gegrond op feitelike gebeure, en hoewel getrou aan die werklikheid, speel die verbeelding ’n groot rol. Bertus le Roux wéét hoe om alledaagse toevallighede tot meesleurende, lewensegte verhale te verweef.
Bertus le Roux
Bertus le Roux, gebore en getoё in die Vrystaatse Riemland, het die ATKV se een-en-twintigste skryfskool bygewoon onder leiding van professor Hans du Plessis om ’n droom te verwesentlik. Dit was om kortverhale te skryf oor feitelike situasies wat hul voorgedoen het gedurende ’n leeftyd van diens in die Departement van Justisie en later praktiserend as advokaat. Verskeie publikasies in regstydskrifte, veral wat die evaluering van getuienis betref, het gedurende die loop van jare uit sy navorsing die lig gesien.
