Select Page

die belewenisse van ‘n latinis

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 95 bl
ISBN: 978-0-6397-4513-8

post scriptum

my lief, jy wat die naaste is

aan my, laat my tog in my skemer

ten slotte dit bely: sonder jou aanraking

bly liefhê grieks vir my.

 

Met ’n klassieke beheersing skryf Jan Swanepoel in die toonaard van Catullus elegieë oor geliefdes en die land wat hy haat én liefhet. In hierdie versameling beleë verse versoen hy diepte van emosie met helderheid van segging.

Oor Jan Swanepoel

Jan Swanepoel is in 1951 in Pretoria gebore waar hy ook sy skooljare deurbring. Hy studeer aan die PU vir CHO, waar hy sy meestersgraad oor die poësie van Vergilius en sy doktorsgraad oor dié van Catullus verwerf. Hy is vir vyftig jaar aan hierdie universiteit (wat later as die NWU bekend staan) verbonde, eers as student, later as dosent in Latyn en in Regsfilosofie en nog later as dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte. In 2021 verlaat hy Potchefstroom en vestig hom in Wildernis in die Suid-Kaap. Hy debuteer in 1975 as digter met My Rome brand so mooi. Hierna volg Wat ver is en naby (1980) en By wyse van skrywe (1988).