Select Page

Noord van Malelane

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Eerste uitgawe, eerste druk 2023. 94 bl.
Prys: R250
ISBN: 978-0-6397-9959-9

 

Hennie Nortje is ‘n fyn waarnemer van mens en dier. As gereelde besoeker aan die Krugerwildtuin sien hy menslike gedrag by diere en andersom. Hy verwoord wat hy sien op ’n speelse en vernuftige wyse. In die tradisie van A.G. Visser word die leser vermaak en dikwels verras deur verskuilde diepsinnighede. Sy virtuose omgang met die taal en aweregse blik maak van hierdie versameling verse ’n boeiende en onvergeetlike leeservaring. 

Trekvoël 

As koue fronte dreig om te vermoei

raak ek weer trekvoël, ’n somerbesoeker

om hier in die laagtes oor als wat waarlik

saak maak, so sonnig te kom broei.

Oor Hennie Nortjé

Hennie Nortjé werk as diabetoloog in Goodwood, Kaapstad. Hy het ook die skryfkunde bestudeer. Sy debuutbundel, In die skadu van soveel bome (Queillerie, 2012), is met beide die Ingrid Jonker- en Eugène Marais-prys bekroon. Sy tweede bundel, Kryt (Queillerie, 2019), is benoem vir die Elisabeth Eybersprys. Hy staan steeds verwonderd deur die mensdom se interaksie met die natuur.