Select Page

Hartklop van die liefde

978-1-0370-9741-6Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R200
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 120 bl
ISBN: 978-1-0370-9069-1

Toe dokter Derrick Wolmarans, befaamde snydokter, op die eerste dag by sy nuwe werkplek, die Groote Schuur Hospitaal aan die voet van Tafelberg instap, betree hy nie net ’n nuwe wêreld van ingewikkelde mediese uitdagings nie, maar loop hom vas teen ’n gewetenlose moordenaar wat weerlose pasiënte teiken. Terwyl hy dag ná dag moeilike prosedure uitvoer om lewens op die operasietafel te red, moet hy ook speurvernuf toepas om iemand wat met donker motiewe in die hospitaal rondsluip, aan die kaak te stel. Terselfdertyd probeer hy hard om sy eie emosies te ontrafel om die seerkry van die verlede te verwerk … sodat sy hart weer ontvanklik kan wees vir die uitdaging van nuwe liefde.

Oor JP Fourie

Juan-Pierre (JP) Fourie, ’n Pretorianer, is in 1978 in Pietermaritzburg gebore. In 1995 matrikuleer hy aan die Hoërskool Vereeniging en studeer daarna in die hotelwese en nie-vernietigende toetsing (NDT). Hy temper terugslae deur sy skeppende skryfwerk en publiseer in 2023 sy eerste digbundel, Die siel van ’n man, daarna ’n spanningsroman, ’n Pêrel vir Nettie (2024), en nog ’n digbundel, Gevoelsmens (2024). In sy vrye tyd hou hy van reis, musiek maak, sing en om kreatief in die kombuis te wees.