Wie weet wat mens nooit van weet nie
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2024 – 186 bl
ISBN: 978-0-7961-9595-1
“Natuurlik is ek ook nuuskierig, maar onthou, ander mense se boeke is duister. In hierdie lewe weet ons gewoonlik nie alles nie. Oor mense en hul stories sê ek gewoonlik ook soos jou oorle ouma altyd gesê het: ‘Wie weet wat mens nooit van weet nie?’.” Pieter skryf met deernis oor die mense van sy grootwordbuurt in Johannesburg met die bynaam “Die Dieretuin”: hul lief en leed, oppe en affe, hartseer en sukesse. Altyd met ’n goeie skoot humor, altyd met die fynste waarneming van dit wat ons almal maar net mens maak.
Oor Pieter van der Westhuizen
Pieter is in Bezuidenhoutsvallei, Johannesburg, gebore, waar hy aan die Hoërskool Helpmekaar skoolgaan. Hy verwerf sy honneurs-, meesters- en doktorsgraad in linguuistiek aan die Universiteit van Natal, waarna hy navorsing aan die Reading University in die Verenigde Koninkryk doen, opgevolg deur ’n lektorskap in Afrikaans-Nederlands aan die Unversiteit van Natal. Hy word later aangestel as hoof van die Taalburo van die Departement Buitelandse Sake in Pretoria, daarna as streeksbestuurder van Van Schaik Boekhandel in dié stad. Sy laaste staanplek is Stellenbosch, war hy tot met sy dood woon. Vir sy gesin was Pieter die pamet die droë humorsin, ’n storieverteller by uitstek, met ’n groot voorliefde vir staaltjies uit sy kinderdae. Hy kon op enige gegewe oomblik ritse gedigte uit die hoof resiteer, veral in Afrikaans en Duits. Hy was ’n sportman – het dit geniet om te draf, met die Karoo-marathon en Comrades as hoogtepunte. Sy gesin onthou hom vir sy liefde vir musiek, vir wyn en koffie, vir kosmaak en vir sy lekker piekniek- en kosmandjies vir die langpad.
