Select Page

Die eiesoortiges

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, Julie 2022, 130 bl.
ISBN 978-0-6397-0329-9

Rocco de Villiers is ’n skitterende en uitbundige verskyning op die verhoog. In hierdie bundel gedigte hamer hy verrassende klanke uit die vleuelklavier van die taal. Hy kyk skerp, maar altyd met deernis, na homself en sy medemens. Goed beskou, is elke mens uniek – ’n eiesoortige wese wat ander onverwags kan vermaak én verbyster. Die eiesoortiges is ’n versameling van sestig gedigte wat oor ’n tydperk van veertig jaar geskryf is, vanaf sy matriekjaar in 1982. Dis persoonlik, vermaaklik, komies, diepsinnig en ontroerend.

Oor Rocco de Villiers

Rocco de Villiers is ’n pianis, vermaaklikheidskunstenaar, komponis en skrywer wat in Johannesburg woon. Hy hou hom besig met meer as honderd konserte jaarliks landswyd, die skryf en opneem van musiek, verhoogproduksies, die versamel van whiskey, die eet van gebakte poedings en ses besoeke weekliks aan die gimnasium.