Select Page

Vers & Kapittel II

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R350.00 (versending uitgesluit)
Eerste uitgawe, eerste druk: 2023. 378 bl.
ISBN
: 978-0-620-98569-7 

 

Aan baie boeke maak kom geen einde nie sê die Prediker, en studie is ’n vermoeiing van die vlees. Dit mag waar wees, maar vir Daniel Hugo was skryf en lees nog altyd ’n vreugde vir die gees. Hy is al ’n halfeeu lank besig met boeke maak en tekste ontleed. In hierdie tweede bundeling van sy onderhoudende stukke oor die digkuns versamel hy tekste in vier kategorieë: artikels, rubrieke, resensies en onderhoude wat met hom gevoer is oor sy eie digbundels en vertalings uit Nederlands. Die vers staan altyd sentraal, en sy insigte word met vers en kapittel bewys.

Oor Daniel Hugo

Die digter, vertaler en bloemleser Daniel Hugo is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton en in Windhoek. Hy studeer aan die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein, en verwerf ’n doktorsgraad oor die vernufspoësie. Nadat hy ’n jaar lank onderwys in Windhoek gegee het, word hy ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit van Leuven in België. Daarna was hy ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK, waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Daar het reeds sestien digbundels uit sy pen verskyn – die jongste is Klinkklaar van 2021. Die eerste Vers & Kapittel het in 2018 by Kraal Uitgewers verskyn.