Select Page

Die brug van ongesêde dinge

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R240
Eerste uitgawe, eerste druk. 2022. 110 bl.
ISBN 978-0-620-97642-8

In hierdie digbundel skryf Elna van Niekerk oor die mitiese ontmoeting tussen mens en mens, mens en dier, mens en ding. Sy leef by-die-dinge en kyk met ’n vars oog na die wêreld en sy bewoners. Haal taalgebruik getuig van ’n fyn oor vir die klanknuanses en kleurskakerings van Afrikaans. Die digter Daniel Hugo noem Van Niekerk se debuut die opwindende werk van ’n selfversekerde digter.

Oor Elna van Niekerk

Elna van Niekerk (1956) het tot dusver ’n geskakeerde lewe gelei as filosofiedosent, busbestuurder, verkeersnavorser en buitelandse reisiger. Sy het in ’n taalbewuste huis grootgeword en skryf al vanaf haar veertiende jaar gedigte. Sy en haar lewensmaat, Reho Boshoff, woon in Pretoria en breek dikwels weg na hul kleinhoewe in die Groot-Marico, met die bosveld en rivier as inspirerende geselskap.