Select Page

Lig & Donker op Lazy Spade

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R260
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 154 bl
ISBN: 978-1-83492-589-9

Die Botha-familie het hulle sowat ’n eeu gelede buite Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek gevestig en die destydse Suidwes-Afrika. Hulle het diep spore getrap om bo uit te kom, maar steeds is daar uitdagings op persoonlike en op sosiale gebied. ’n Kerstydkuier op die familieplaas stel uitdagings aan die uiteenlopende persoonlikhede. Wanneer ’n indringer die brose vrede met gewelddadige optrede versteur, word die gesin tot die uiterste beproef.

Oor Inge Venter

Inge Venter is op Noupoort gebore, waar haar Hollandse ma en Afrikaanse pa mekaar ontmoet het. Haar pa het aanvanklik op die familieplaas gebly, maar in die 1960’s het die gesin na Namibië verhuis waar hy buite Outjo met afrikanerbeeste gaan boer het. Sy het ’n BA in Letterkunde aan die Universiteit Pretoria behaal. Sy was getroud met Kobus Venter, ’n ingenieur. Hy was ook ’n oud-Namibiër. Daarna het sy haar PhD in Opvoedkunde by die Noordwes Universiteit verwerf. Nadat haar man in Potchefstroom oorlede is, het sy na Bloemfontein verhuis waar sy tans as vrywilliger werk by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN).