Select Page

Skillie Skilpad se slim plan

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R120
Eerste uitgawe, eerste druk, 2022, 42 bl
ISBN 978-0-6397-0331-2

In die Klein-Karoo bak die son warm en die wêreld is kurkdroog. Die plaasdamme is ook dolleeg. Al skadukolletjie is die lekker groot klapperbos met sy mooi, pienk balletjies wat skuiling teen die hitte bied. Maar, o aarde, padmakers besluit om ’n pad in die gebied te bou wat kan beteken dat dié stukkie skaduwee afgekap gaan word. Die diere is radeloos – totdat Skillie Skilpad met ’n briljante plan vorendag kom.

Oor Jurina Aucamp

Jurina Aucamp was 30 jaar in die onderwys, met die laaste deel van haar loopbaan by Laerskool Gene Louw in Durbanville. Jurina is getroud met Bennie Aucamp, afgetrede skoolhoof van Laerskool Eikestad in Stellenbosch. Hulle het einde verlede jaar na Hartenbos verhuis. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders. Haar liefde vir haar kinders en kleinkinders is vir haar ’n groot inspirasie om te skryf en harte en gesinne te bereik.