Select Page

Zani-beer en Klein-Maggie kuier in die wildtuin

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R270
Eerste uitgawe, eerste druk, 2022. 48 bl.
ISBN 
978-0-7961-1166-1

Zani-beer en Klein-Maggie kuier in die wildtuin is die tweede in die Zani-beer-kinderboekreeks, ná die gewilde Die wysheid van Zani-beer. Dié keer gaan Zani, ’n wollerige troetelbeertjie, saam met Klein-Maggie, Boetie-Koen, Mamma-Maggie en Pappa-Dirk wildtuin toe. Tydens hul besoek sien hulle die wonderlikste wilde diere … van olifante tot leeus, van luiperds tot jagluiperds, van ’n renoster tot ’n volstruis, van buffels tot ’n groot klomp verskillende bokke. Zani is natuurlik nie sommer net ’n gewone speelgoedbeer nie; sy is Klein-Maggie se heel beste maatjie wat haar meer oor die skoonheid van die diereryk en die natuur leer, ook hoe ons dit kan versorg en bewaar.

Oor Irene Nel

Irene Nel is ’n gebore Namibiër wat jare lank in Suid Afrika gewoon het, voordat sy uiteindelik in 2001 permanent teruggetrek het na haar geboorteland waar sy die afgelope veertien jaar ’n onderwyseres is. Naas geloof is haar familie haar grootste passie. Haar man en beste vriend, Kallie, haar twee pragtige dogters, Marianne en Renette, haar twee wonderlike skoonseuns, Johan en Gerhard, en haar kleinkind, Xané, is die vreugde van haar lewe. Sy is op haar gelukkigste wanneer hulle as gesin saamkuier of wanneer sy en haar eggenoot in Hentiesbaai langs die see vis probeer vang. Die wysheid van Zani-beer, Irene se bekroonde debuutkinderboek, het haar skryfloopbaan ingelui. 

Kontak ons

Ons hoor graag van jou. Vul asseblief die kontakvorm in of stuur ‘n e-pos na turksvypublikasies@gmail.com.

E-posadres

turksvypublikasies@gmail.com

Kontaknommer

083 467 1522