Oor Fanie Coetzee
Fanie, mede-leraar in die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult – is ʼn verkondiger van die Woord. Dit is wat hy nog altyd wou doen en dit is wat hy steeds as sy roeping beskou. Hy het groot dankbaarheid daarin dat hy sy hele skoolloopbaan op Bultfontein op die Vrystaatse platteland kon deurbring. Hy het reeds tydens hoërskool sy roeping ontvang en het gevolglik ná skool by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir CHO sy predikantsopleiding ontvang. Hy beskou dit as sy roeping om aan mede-gebrokenes te vertel waar hulle heel kan word, om aan mede-sondaars te vertel by Wie verlossing te vinde is en om vir mede-sterflinge te vertel by Wie om die ewige lewe te ontvang. Kortom, om as een bedelaar vir ander bedelaars te vertel waar om brood te kry. Deur die jare het hy hom toegespits om elke Sondag die Woord van die Here in die oomblik te bedien. Omdat elke erediens ʼn onherhaalbare intydse ontmoeting met die Here is, lê die waarde van die bediening eerstens vir in daardie bepaalde Sondag. Vanuit die eredienste moet toegeruste gelowiges in die erediens van die lewe as sout en lig gaan lewe Hy is medewerker aan ʼn aantal publikasies wat deur Potchefstroomse Teologiese Publikasies gepubliseer is. In 2020 verskyn sy eerste publikasie Asemskeppunte: Skrifoordenkings vir die opdraendes van jou trekpad. Hierin bedien hy aan die hand van Skrifgedeeltes troos en hoop vir die swaarkrytye op die lewenspad. Met naderende aftrede sit hy nou sy hand op skrif om van sy insigte uit die Woord met ʼn breër gemeenskap te deel
Aandgesprekke
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R350
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 298 bl
ISBN: 978-1-0370-2903-5
“Voel jou lewe onvervuld, met onafgehandelde sake en vrae in jou gemoed? Fanie Coetzee beantwoord hierdie vrae op ’n diepgaande en tog verstaanbare wyse. Sy insigte oor hoe om as Christen vervuld te lewe getuig van rypheid en geestelik groei oor jare.”- Pieter Mulder, rubriekskrywer en kommentator.
Fanie se Aangesprekke maak die Skrif oop én bring dit grond toe in ons elkedagse lewe. Soveel van diép gesprek vir die Woord van God, van teologiese diepgang, en van diep herdelike empatie wat ons Opperheder se inleef en saamvoel na ons weerkaats! En – jy kan saamlees of saamluister.” – Fika J van Rensburg: Nuwe Testamentikus en skrywer.
“Hierdie boek is in Covid-19 gebore – iets goeds uit ’n tyd van onsekerheid en vrees. Dit fokus op wat elke gelowige graag wil ervaar, maar nie altyd regkry nie: ’n vervulde lewe in die Here. Dit gee eenvoudige riglyne vir gewone mense, met klankgrepe by elke dag se gesprek. ’n Aanwins op elke gewoige se boekrak!” – Theuns Eloff, kommentator en meningsvormer
Aandgesprekke: oor ‘n vervulde lewe in die Here is van waarde
- vir persoonlike geloofskennis en geloofsgroei,
- veral in die temas van dei Bergpreek, die persoon en werk van die Heilige Gees en gebed
- as ’n geskenk vir mense wat daaglikse voedsel uit die Woord soek om in ’n vervulde verhouding met die Here te lewe
- as hulpmiddel in die aanbied van Bybelstudie en Kleingroepsbyeenkomste oor die betrokke temas
- om vir ander mense voor te lees
Die klanklêers sou gebruik kon word
- om na die boek te luister terwyl daar met ander aktiwiteite tuis, op pad of elders besig is
- as geskenk vir mense wat nie goed kan sien of lees nie
- om voor te speel aan ouer mense wat nie meer self kan lees nie
- om voor te speel as inleiding van ’n bespreking tydens ’n Kleingroep of Bybelstudie
- om die boodskap via WhatsApp of ander sosiale media met mense te deel