Select Page

Modder, klei en water

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R300.00
Eerste uitgawe, eerste druk: 2023.  158 bl.

ISBN: 978-0-6397-7164-9

 

Hy was sestig toe hy die eerste keer op ’n motorfiets geklim het. En so begin daar ’n splinternuwe fase in Leon Coetzee se lewe. Ná ’n lang loopbaan as prokureur waarin hy sy dae met regsdokumente en in howe deurgebring het, ontdek hy die vryheid wat die langpad hom bied. Sy BMW-avontuurmotorfietse het hom help wegbreek uit ou, geykte denkpatrone. Modder, klei en water vertel van die bondgenootskap tussen ’n man en sy motorfiets.

Leon Coetzee

is ’n buitelewemens, ’n filosoof oor die lewe, oor die liefde en oor goed en kwaad – ’n avonturier wat nie vir risiko’s skrik nie. Hy het ’n B.Sc. (Landbou) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en as landbouvoorligter in Namibië gewerk. Hierna behaal hy ’n B.Proc.-graad deur Unisa, waarna hy in Kaapstad, Port Elizabeth en Oudtshoorn as regsgeleerde praktiseer. Op sy BMW’s het hy die hele Suid-Afrika verken, ook dele van Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek, Lesotho en Uganda.