Select Page

Flip se klip

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R260
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 162 bl
ISBN: 978-1-0370-5679-6

“Jy moet besin, Kate,” het die predikant met die swart oë gesê, sy swart baard bewend van verontwaardiging. “Die evolusieleer is ’n dwaalleer en dwaalleraars bly nie ongestraf nie, al word die straf miskien eers aan die derde of vierde geslag besoek …”

Dit is die storie van Ada, haar man Phil, en sy tweelingsuster, Kate. Oor Kate is ʼn verdoemende oordeel op haar troudag uitgespreek, weens haar wetenskaplike navorsing oor evolusie. Sy en haar gelowige broer is voortdurend aan die redekawel daaroor. Oupa Flip se klip, die fossiel van ’n soogdieragtige reptiel, word die keerpunt in sy naamgenoot, kleinseun Phil, se lewensuitkyk. Kate kry wel ’n nageslag (wat vervloek gaan wees?), terwyl Ada só graag ’n kind wil hê dat sy selfs die ondenkbare oorweeg.

Oor Chris Venter

Chris Venter (1945), gebore op Steynsburg in die Oos-Kaap, was tot op twaalfjarige ouderdom ’n plaasseun. Hy skryf matriek in Bloemfontein en studeer natuurwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat. Ná ’n paar jaar in die onderwys is hy ’n navorser, eers by die destydse Ukor in Pelindaba en toe by die WNNR in Pretoria. Daarna volg nog tien jaar navorsing in landbouweerkunde by Grootfontein, Middelburg, in die Oos-Kaap. En toe ‘n klompie jare by die UV as dosent. Hy en sy vrou. Magdaleen, geniet tans hul aftrede in ‘n tuinwoonstel by hul middelseun en sy gesin in Bloemfontein.