Select Page

Skryfkursus

Omvattende

skryfkursus vir prosa

Enigiemand kan skryf. Dit is ‘n basiese vaardigheid wat die meeste mense reeds op ‘n vroeë  ouderdom bemeester het. Om egter kreatief te skryf en iets te skryf wat ‘n leser sal prikkel, is veel meer as ‘n blote vaardigheid. Dit is ‘n kuns wat met oefening en leiding ontwikkel word. Die skryfproses het veel meer fasette as wat opgenoem kan word, maar daar is ‘n aantal pilare waarop goeie skryfwerk gebou word.

Hierdie skryfkursus is saamgestel om die aspirantskrywer, en selfs meer ervare skrywers, deur die belangrikste aspekte van die skryfproses te lei.  Die kursus beslaan 10 praktiese modules asook ‘n gedeelte wat publikasiemoontlikhede voorhou.

Kursusgangers ontvang ‘n gedrukte handleiding van 90 bladsye waarin die 10 modules vervat is. Elke module het praktiese oefeninge wat die kurusganger self voltooi. Behalwe vir die oefeninge is daar aan die einde van elke module ‘n toepassingsopdrag wat aan die kursusleier gestuur word vir terugvoering. Die kursus is so saamgestel dat die skrywer met die verloop daarvan aan ‘n kortverhaal werk. Die kursus eindig met die skryf van ‘n volledige kortverhaal. Dié kortverhaal word as die laaste opdrag ingehandig vir ‘n volledige leesverslag.

Die skryfkursus is daarop gerig om skrywers deur die skryfproses te lei om skryfvaardigheid te verbeter. Daar word dus aanvaar dat die kursusganger oor ‘n redelike taalkennis en taalvaardigheid beskik.

Omvattende

skryfkursus vir prosa

Enigiemand kan skryf. Dit is ‘n basiese vaardigheid wat die meeste mense reeds op ‘n vroeë  ouderdom bemeester het. Om egter kreatief te skryf en iets te skryf wat ‘n leser sal prikkel, is veel meer as ‘n blote vaardigheid. Dit is ‘n kuns wat met oefening en leiding ontwikkel word. Die skryfproses het veel meer fasette as wat opgenoem kan word, maar daar is ‘n aantal pilare waarop goeie skryfwerk gebou word.

Hierdie skryfkursus is saamgestel om die aspirantskrywer, en selfs meer ervare skrywers, deur die belangrikste aspekte van die skryfproses te lei.  Die kursus beslaan 10 praktiese modules asook ‘n gedeelte wat publikasiemoontlikhede voorhou.

Kursusgangers ontvang ‘n gedrukte handleiding van 90 bladsye waarin die 10 modules vervat is. Elke module het praktiese oefeninge wat die kurusganger self voltooi. Behalwe vir die oefeninge is daar aan die einde van elke module ‘n toepassingsopdrag wat aan die kursusleier gestuur word vir terugvoering. Die kursus is so saamgestel dat die skrywer met die verloop daarvan aan ‘n kortverhaal werk. Die kursus eindig met die skryf van ‘n volledige kortverhaal.

Dié kortverhaal word as die laaste opdrag ingehandig vir ‘n volledige leesverslag.

Die skryfkursus is daarop gerig om skrywers deur die skryfproses te lei om skryfvaardigheid te verbeter. Daar word dus aanvaar dat die kursusganger oor ‘n redelike taalkennis en taalvaardigheid beskik.

Die kursusleier

is Marlene Malan

Marlene is ‘n oud-joernalis van Die Burger en Rapport en professionele taalversorger, redakteur en proefleser vir hoofstroom-uitgewers. Sy is die eggenote van die digter en vertaler Daniel Hugo, en het uitgebreide kennis oor die uitgewersbedryf asook die lesersmark. Sy werk daagliks met skrywers se manuskripte as redakteur, taalversorger en proefleser. Sy is medestigter en mededirekteur van Turksvy Publikasies (Edms) Bpk.

Die kursus

behels die volgende modules:

Module 1

Die redes, plek, tyd en gereedskap van skryf
Hoekom skryf jy, vir wie skryf jy en wat het jy nodig om te skryf?

Module 2

Waar kom stories vandaan?
Praktiese voorstelle en oefeninge om temas vir stories te identifiseer

Module 3

Skep geloofwaardige karakters
Hoe gee jy lewe aan jou karakters, hoe kry jy lesers om met karakters te identifiseer en hoe ontwikkel jou karakters?

Module 4

Perspektief
Een van die grootste slaggate vir skrywers is om te bepaal wie die storie vertel. Manuskripte word dikwels afgekeur omdat die skrywer nie presies weet hoe om perspektief te benader nie.

Module 5

Die waarde van ‘n sterk inleidingsparagraaf
Uitgewers, beoordelaars en lesers se aandag word vasgevang of verloor deur die inleidingsparagraaf. Dit is ‘n uiters belangrike aspek van skryfwerk.

Module 6

Ruimte en tyd
Waar en wanneer vind jou verhaal plaas?

Module 7

Wys en vertel
Daar is ‘n fyn balans tussen die “vertel” van ‘n storie en die “wys” van gebeure sodat die leser dit self kan ervaar. Hierdie is ook ‘n slaggat waarin talle skrywers trap.

Module 8

Die kuns om oortuigende dialoog te skryf
Karakters kry lewe en geloofwaardigheid deur hulle dialoog. Dialoog is waarskynlik een van die moeilikste aspekte van die skryfproses en verg oefening en nog oefening.

Module 9

Stop by die stopstraat
Skrywers moet weet waar die storie moet eindig. Goeie stories word dikwels bederf omdat die skrywer by die einde verbyskryf. Net soos wat die inleiding uiters belangrik is, is ‘n treffende einde noodsaaklik.

Module 10

Skryfslaggate en hoe om hulle te vermy
Algemene foute wat skrywers dikwels maak, word uitgelig. Selfs gevestigde skrywers ontwikkel mannerismes en tegnieke wat lesers pla en die skryfwerk benadeel.

Module 11

Riglyne oor verskillende moontlikhede om skryfwerk te publiseer
Hoofstroomuitgewers, selfpublikasie, onafhanklike publikasie

Tydsduur 

van die kursus

Die aanvangsdatum van die kursus is die dag waarop die skrywer die handleiding ontvang. Die skrywer het 16 weke tyd om die kursus te voltooi. Die laaste opdrag moet dus nie later as 4 maande ná die aanvangsdatum van die kursus ingestuur word nie.

Die kurususleiers onderneem om binne vyf dae ná ontvangs van ‘n opdrag terugvoer te stuur. Die tydsduur verseker dat die kursusganger genoeg tyd het vir elke module en dat momentum met skryfwerk behou word. Sou onvoorsiene omstandighede opduik wat die skrywer verhoed om die kursus binne 16 weke te voltooi, kan daar aansoek gedoen word dat opdragte later ingedien kan word.

Koste

van die kursus

Die koste van die kursus is ‘n eenmalige bedrag van R2 500 waarna die handleiding per koerier  aan die kursusganger gestuur word.

Daar kan ook gereël word dat die kursusgeld in twee paaiemente van R1 250 elk betaal word.

Doen aansoek

Om aansoek te doen vir inskrywing vir die kursus, rig asseblief ‘n brief aan ons by marlene.turksvypublikasies@gmail.com om jouself voor te stel en ook om aan te dui aan watter ander kursusse, indien enige, jy reeds deelgeneem het.

Aansoekers is ook welkom om hierdie kontakvorm in te vul sou hul meer inligting benodig.

Ons sien daarna uit om van jou te hoor.