Select Page

Milka en Sebastiaan

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R200.00
Eerste uitgawe, eerste druk: 2023.  24 bl.
ISBN:
978-0-7961-0762-6

 

Sebastiaan is nege jaar oud en het alles wat ’n seuntjie van sy ouderdom nodig het … ouers en ’n oppasser wat hom liefhet, ’n mooi huis met ’n groot tuin, sy eie slaapkamer, lekker kos, genoeg speelgoed en selfs sy eie rekenaar. Tog is daar ’n groot seer in sy hart: Dit is dat hy so alleen voel omdat hy dink hy is nie spesiaal genoeg om beste maats te hê nie. Totdat Milka, ’n muisie wat in die gesin se tuin woon, onverwags deel van sy lewe word en alles help verander.

Oor Charmaine Beneke

Charmaine Beneke is die ma van twee seuns, Henlo en Daniël. Sy is passievol oor haar geloof, haar kinders … en samesyn oor ’n lekker koppie koffie. Oudtshoorn is die afgelope een-en-twintig jaar al haar tuiste. Milka en Sebastiaan is geïnspireer deur haar seuns by wie sy leer om met nuwe oë na die lewe te kyk. Die gesin onderneem gereeld avonture saam.  Haar hartsbegeerte is dat dié boek kinders wat dit lees sal aanraak sodat hulle hul identiteit in Jesus sal vind.