Select Page

Koerie: Superheld-renduif

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Pryse: R200 (BTW ingesluit)

Verskyningsdatum: Januarie 2026
Aantal bladsye: 110
Illustrasies: Janet Kingwill
ISBN: 978-1-0370-5075-6

 

Koerie is ’n pragtige, slim wedvlugduif wat eers op Stellenbosch woon, maar daarna saam met sy seun, Spikkel, na die plaas Klipheuwel in die Karoo trek waar sy kleinseun, Spoed, gebore word. Terwyl Koerie en Spoed se grootste talent hul snelheid is, blink Spikkel uit as navigeerder. Die drie duiwe se uithouvermoëns tydens lang wedvlugte reg oor Suid-Afrika help hul eienaars om hul eie ideale te verwesenlik. Koerie: superheld-renduif is die samestelling (met aanpassings) in een uitgawe van Susanna van der Merwe se twee treffer-renduifstories, Koerie kies koers (2023) en Koerie, Spikkel en Spoed kies koers Karoo toe (2024). Hierdie jeugboek vertel van wen en verloor, van aanmoediging en ondersteuning, van liefde en vriendskap, en van die waarde van vriendskap en gesinsbande.

Susanna van der Merwe

Susanna van der Merwe is ’n storieverteller met ’n voorliefde vir verhale waarin kinders of diere ’n rol speel … “eerlike” stories, sê sy. Sy en haar man, Izak, woon deels in Murraysburg in die Karoo op die plaas Badsfontein, en deels op Stellenbosch. Sy vertel graag stories vir haar tien kleinkinders: Dit is hoe die karakters Koerie, Spikkel en Spoed ontstaan het. Om elke kind volgens haar of sy persoonlikheid te hanteer en daardeur die beste in elkeen  na vore te bring bly vir haar ’n groot vreugde.