Select Page

Hierdie Maandag is abstrak

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220
Eerste uitgawe, eerste druk: 2021. 116 bl.
ISBN 978-0-620-90301-1

Versindaba en die Tuin van Digters het digkuns vir Anita ontsluit. Hierdie Maandag is abstrak is haar debuutbundel waaraan sy die afgelope aantal jare gewerk het. Sy het meer as 70 van haar gedigte asook ’n aantal haikoes en tankas vir die bundel uitgesoek en versorg. Die gedigte neem die leser op ’n reis deur die natuur, na plekke soos Italië en Nederland en ook na binne waar die liefde, afskeid en die dood besoek word.   

Oor Anita van der Walt

Anita van der Walt woon aan die voet van Tafelberg. Sy is ’n mediese dokter met ’n liefde vir skryf. Sy hou van boeke, klassieke musiek en keramiekkuns. Weg van die woelinge van haar praktyk oes sy olywe digby die Baviaanskloof vir smullekker olyfolie. Haar seun en dogter is haar trots. Versindaba en die Tuin van Digters het digkuns vir haar ontsluit. Hierdie Maandag is abstrak is haar debuutbundel waaraan sy die afgelope aantal jare gewerk het. Sy het meer as 70 van haar gedigte asook ’n aantal haikoes en tankas vir die bundel uitgesoek en versorg. Die gedigte neem die leser op ’n reis deur die natuur, na plekke soos Italië en Nederland en ook na binne waar die liefde, afskeid en die dood besoek word.