Select Page

hartklop en asem

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220
Eerste uitgawe, eerste druk: 2022. 90 bl.
ISBN: 978-0-6397-1255-0

Fourie se debuutdigbundel het verskyn op die vooraand van haar 80ste verjaardag en presies een jaar ná die afsterwe van haar man, die dramaturg Pieter Fourie. Haar digbundel praat oor haar ervaring van en liefde vir die natuur, maar veral ook oor verlies – nie net van vriende nie, maar oor Pieter, met wie sy so ’n lang pad saamgeloop het. In aangrypende gedigte oor sy dood praat Maletta oor haar eensaamheid, “dat die wêreld gekrimp het tot hartklop en asem”, en hoe sy Pieter nog telkens in hul huis op Onrus raakloop in dit wat hy agtergelaat het. Sy vind vertroosting in haar skryf- en skilderwerk.

Oor Maletta Fourie

Maletta Fourie (1942) is gebore en het grootgeword op ’n plaas in die Carnarvon-distrik, met die Groot-Karoo se vlaktes en ruimte om haar. Sy studeer kuns aan die Universiteit van Kaapstad en daarna mode-ontwerp. Sy was eers getroud met Pierre Swart en ná sy dood met die dramaturg Pieter Fourie. Skilder en skryf was nog altyd haar groot passies.