Select Page

Lig en skadu in die paradys

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 120 bl
ISBN: 978-1-0370-2416-0

Lig en skadu in die paradys is ’n bundeling van Cornelia de Kock se rubrieke wat sy vir Netwerk24 geskryf het. Hierdie rubrieke is almal grepe uit die lewe: ’n kortstondige ervaring, gebruike wat van kindsbeen af deel is van haar grein, musiekstukke wat onthoustukke word, onverwagse ontmoetings wat tot vriendskappe lei … Een van die belangrikste eienskappe van ‘n goeie rubriekskrywer is ’n skerp waarnemingsvermoë. Sy wys dit vir ons in haar (soms humoristiese) vertellings omtrent ouerskap, kind wees, die ervaring van vreugde en verlies. Kortom, dit wat van ons mense maak.

Oor Cornelia de Kock

Cornelia de Kock is ’n gebore en getoë Vrystater. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ’n doktorsgraad in Kultuurgeskiedenis verwerf. Sy hou skool op Stellenbosch en doseer aan die Opvoedkunde-fakulteit. As ’n nooi Spies het sy getrou met Johan de Kock, ’n soöloog, wat in 2024 oorlede is. Hulle het drie kinders: Johan, Corlie en Annemarie, en drie kleinkinders.