Select Page

Dwaaldae

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R260
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 122 bl
ISBN: 978-1-0370-5213-2

’n Digter dwaal maar net skynbaar doelloos deur die lewe. Elke gedig in Andrea Sieberhagen se bundel is ’n koördinasiepunt op die landkaart van haar lewe. Sy skryf oor reise, die natuur, liefde, kinders, siekte en die onvermydelike dood. Die digterlike woord is vir haar gelyktydig ’n viering én beswering van die lewe met sy vreugde en verdriet.

Oor Andrea Sieberhagen

Andrea Sieberhagen (née Du Plessis) het in Nylstroom (Modimolle) grootgeword en gematrikuleer. Sy verwerf haar BA (HOD)-graad aan die Universiteit van Pretoria. Daarna volg ’n lang loopbaan as Engels-onderwyseres. Verskeie van haar gedigte is in versamelbundels opgeneem. In 2022 is sy aangewys as wenner in die Afrikaanse volwasse afdeling van die Poetry in McGregor-poësiekompetisie