Select Page

Taaldienste

Professionele

taaldienste

Tekste wat taalkundig goed versorg is, gee die skrywer/onderneming altyd ’n kommunikasievoorsprong – van werksaansoeke tot algemene briewe; dokumente, tegniese tekste, advertensies, brosjures, plakkate en kopie vir webtuistes; artikels, rubrieke, niefiksie, fiksie en letterkundige werk (romans, kortverhale, kinderverhale en poësie). 

Turksvy se taaldiensafdeling bied professionele hulp teen bekostigbare tariewe om jou skryfwerk perfek af te rond.

Vertaling

– Engels/Nederlands in Afrikaans

Vertaling verg fyn voetwerk … en jy kan dit net doeltreffend uitvoer as jou kennis van die brontaal uitstekend en jou vaardigheid in die doeltaal onberispelik is. Jy moet gekonfyt wees in die idioom van albei tale en moet die register van albei tekste begryp om, byvoorbeeld, karakters natuurlik te laat praat en lompheid en omslagtigheid te vermy. ’n Goeie vertaler is ’n leser, waarnemer en luisteraar. Hy/sy verstaan die bronteks volledig en laat die vertaalde werk soos ’n oorspronklik geskrewe teks klink. Net ervaring, baie oefening en ’n uitstekende taalkennis plaas jou op dié vlak van vertaalkundigheid.

Redigering

– Afrikaans

Die meeste mense weet wát hulle wil sê, maar baie sukkel hóé om woorde só in te span dat hulle met die eerste leesslag helder en duidelik begryp word. Van die algemeenste teksprobleme is herhaling, gebrekkige woordeskat, omslagtige woordgebruik en ’n algemeen gebrekkige taalbegrip. Nie almal word met ’n taalaanvoeling gebore nie, en sommige se skryfkennis is nooit ontwikkel nie. Tog moet ons almal elke dag skriftelik kommunikeer deur briefwisseling, verslae, dokumentasie of advertensietekste. En dan broei daar boonop al jare lank ’n verhaal in jou gedagtes wat jy graag perfek wil oordra. By Turksvy is jy in veilige hande om jou te help om jou duidelik en taalkorrek uit te druk, met inagneming van jou leser of die mark waarvoor jy skryf.

Redigering

– Afrikaans

Die meeste mense weet wát hulle wil sê, maar baie sukkel hóé om woorde só in te span dat hulle met die eerste leesslag helder en duidelik begryp word. Van die algemeenste teksprobleme is herhaling, gebrekkige woordeskat, omslagtige woordgebruik en ’n algemeen gebrekkige taalbegrip. Nie almal word met ’n taalaanvoeling gebore nie, en sommige se skryfkennis is nooit ontwikkel nie. Tog moet ons almal elke dag skriftelik kommunikeer deur briefwisseling, verslae, dokumentasie of advertensietekste. En dan broei daar boonop al jare lank ’n verhaal in jou gedagtes wat jy graag perfek wil oordra. By Turksvy is jy in veilige hande is om jou te help om jou duidelik en taalkorrek uit te druk, met inagneming van jou leser of die mark waarvoor jy skryf.

Taalversorging

– Afrikaans

“Taalversorging” behels baie meer as om net iemand se spelfoute reg te maak. Want net omdat ’n woord in ’n woordeboek opgeneem is, beteken dit nie dat daardie woord in die konteks van die teks waarmee jy werk die mees gepaste is nie. Taaltegniese aspekte word nagegaan, daar word op woordkeuses en konsekwentheid gelet. Die taalversorger bly op die hoogte van taalontwikkeling, taalreëls en taalverskynsels wat oor jare verander – en hy/sy ken die taal goed genoeg om te weet wanneer om dié reëls te oortree.

Proeflees

– Afrikaans

Die proefleser ontvang gewoonlik ’n reeds versorgde teks, maar gaan dit na vir die foutjies wat tydens redigering en taalversorging deurgeglip het. Jy gaan feite na, so ook die spelling van eiename, selfs produkte; en jy let ook op of gegewe in verhale klop. Jy kyk na lettertipe, tipografie, aspekte soos afkaptekens, woordbreuke, bladsynommers, inhoudsopgawes, die gebruik van spasie, en die sogenaamde “weduwees” en “weeskinders” wat iewers alleen in ’n reël staan. Die proefleser is die eindleser wat soms die grootste verantwoordelikheid dra, die een wat na die teks as geheel kyk en die groen lig gee vir finale drukwerk. Dis ’n eensame taak wat ure se konsentrasie en stilte verg, sonder enige onderbreking. Dis dikwels moeilik om die taakomskrywings redigeerder, taalversorger en proefleser te onderskei – dis werk wat gereeld oorvleuel. Daarom is noue samewerking noodsaaklik. As jy ’n drie-in-een-taalhulp kry, is dit eerste prys.

Kontak ons

Ons hoor graag van jou. Vul asseblief die kontakvorm in of stuur ‘n e-pos na marlene.turksvypublikasies@gmail.com.

E-pos

Kontaknommer

083 308 6305