Select Page

Polkadraai

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk: 2022. 110 bl.
ISBN: 978-0-6397-2418-8

Polkadraai is Koch, van Poznan in Pole, se tweede bundel Afrikaanse gedigte. Reeds met sy debuut, Pleks van plaas (2020), het hy hom gevestig as ’n unieke en boeiende stem in die Suid-Afrikaanse digkuns. In hierdie nuwe verse gooi hy vanuit Pole ’n polkadraai deur die taal en die land. Terwyl “Polkadraai” die naam is van ’n pad buite Stellenbosch, dans Koch ook die polka, ‘n Poolse dans, in Suid-Afrika – veral Stellenbosch. Hy voel so tuis in Suid-Afrika dat hy homself beskryf as: olea europaea / subspecie africana.

Oor Jerzy Koch

Jerzy Koch is vertaler, digter, akademikus en verbonde aan die A. Mickiewicz-Universiteit in Poznań, asook aan die Universiteit van die Vrystaat en Stellenbosch Universiteit. Hy is die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande die M. Nijhoff-prys ontvang. Hy het in Pools bloemlesings gemaak uit die gedigte van Ingrid Jonker (1993), Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018), en prosa van Wilma Stockenström (2021) en Etienne Leroux (2023) vertaal.