Select Page

Wie ons is

Turksvy Publikasies:

Ons storie

Turksvy Publikasies (Edms) Bpk is in 2020 as ‘n onafhanklike uitgewery gestig om skrywers met verdienstelike manuskripte by te staan met publikasie.

Turksvy Publikasies is ook gestig om ‘n platform te bied vir skrywers en digters om hulle werk te publiseer nadat dit ‘n keuringsproses deurloop het. Daar word van professionele diensverskaffers gebruik gemaak om te verseker dat boeke van hoogstaande kwaliteit is. Turksvy Publikasies is ook gestig om ontluikende skrywers se skryfwerk te ontwikkel.

Skrywerswerksessies word gereeld aangebied en Turksvy Publikasies het ook ‘n skryfkursus van 10 modules ontwikkel.

Turksvy Publikasies:

Ons storie

Hannes Visser en Marlene Malan het Turksvy Publikasies (Edms) Bpk in 2020 as ‘n onafhanklike uitgewery gestig.  Hulle het besef dat talle verdienstelike manuskripte nooit die lig sien nie.

Turksvy Publikasies is ook gestig om ‘n platform te bied vir skrywers en digters om hulle werk te publiseer nadat dit ‘n keuringsproses deurloop het. Daar word van professionele diensverskaffers gebruik gemaak om te verseker dat boeke van hoogstaande kwaliteit is. Turksvy Publikasies is ook gestig om ontluikende skrywers se skryfwerk te ontwikkel.

Skrywerswerksessies word gereeld aangebied en Turksvy Publikasies het ook ‘n skryfkursus van 10 modules ontwikkel.

Marlene

Malan

Marlene Malan is ’n joernalis, vertaler en tekversorger wie se hele loopbaan om die Afrikaanse grammatika en letterkunde draai.

Haar liefhebberye is haar vetplanttuin, haar boekwinkeltjie, haar hond en goeie brandewyn.

Sy is getroud met die digter/vertaler Daniel Hugo met wie sy daaglikse stoepgesprekke het oor almal en alles wat vir hulle saak maak.

Kontak ons

Kontak ons gerus met enige navrae, of om sommer net te gesels. Ons hoor graag van jou!

Vul die kontakvorm in, of stuur ‘n e-pos na marlene.turksvypublikasies@gmail.com.