Select Page

Skakerings van kort

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220.00
Eerste uitgawe, eerste druk, 2023. 166 bladsye
ISBN 978-0-7961-1764-9

 

Skakerings van kort weerspieël die skrywer se kennis, insig en fyn waarnemingsvermoë van haar medemens – nie net wat hul doen en late betref nie, maar ook van hul denkwyse, hul manier van meedeel, hul voorspelbaarheid én onvoorspelbaarheid, hul wense, drome en ideale. Hierdie dertig kortverhale vertel van die gelukkige, ongelukkige, doodgewone, selfs soms absurde situasies waarin mense hul bevind … met die groot gemene deler: die strewe daarna om gelukkig en ongekompliseerd te lewe, om reg te maak wat verkeerd is. Tog, onder ons is daar ook dié wat verkeerd maak wat reg is. Dit kos net ’n geoefende oog om die ongevoeliges uit te wys.

Oor Maretha van der Westhuysen

Sedert Maretha van der Westhuysen in 2021 met haar kortverhaalbundel, Deur haar venster, gedebuteer het, het die lewe haar op interessante, maar soms ook moeilike paaie geneem. Sy is opnuut in die jaarlikse skryfkompetisie van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging bekroon, van haar verhale is op RSG voorgelees, sy het haar plaashuis by Oudtshoorn vir ’n dorpslewe op George verruil, en sy het een van haar tweelingseuns aan die dood afgestaan. Die een konstante in haar lewe is egter haar skryfwerk, waarin sy haar idees, indrukke, emosies en ervaringe tot kortverhale verwerk. In 2023 word sy voorsitter van die Klein-Karoo Skryfforum waar sy en ander skrywers van die omgewing gereeld gedagtes oor skeppende skryfwerk verwissel. Maretha is ook die skrywer van die boek ’n Eeu van genade: Eeufeesbundel van die NB Gemeente Herold (2010) en die gids vir die Tuinroete se Staptog van Hoop.

Kontak ons

Ons hoor graag van jou. Vul asseblief die kontakvorm in of stuur ‘n e-pos na turksvypublikasies@gmail.com.

E-posadres

turksvypublikasies@gmail.com

Kontaknommer

083 467 1522