Select Page

Chrissie Miskruier se avonture

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R120
Eerste uitgawe, eerste druk, 2021. 28 bl.
ISBN 978-0-620-96044-1

Chrissie Miskruier is nie net ’n flukse meisietjie nie – sy gee baie om vir haar pappa, mamma en sussies en hou daarvan om in die huis te help. Toe sy op ’n dag sien dat die kos in hul spens min is, besluit sy om iets aan die saak te doen en voorraad te gaan soek. Op pad na die plek waar sy dink die lekkerste kos te vinde gaan wees, kom sy interessante diere teë; toktokkies, vuurvliegies en sprinkane … en die luiste, vraatsigste miskruier wat haar misbolletjies wil afvat. Gelukkig is Chrissie ’n puik planmaker. ’n Leersame boek met ’n woordelys en interessante feite oor miskruiers en hul maniere.

Oor Jurina Aucamp

Jurina Aucamp was 30 jaar in die onderwys, met die laaste deel van haar loopbaan by Laerskool Gene Louw in Durbanville. Jurina is getroud met Bennie Aucamp, afgetrede skoolhoof van Laerskool Eikestad in Stellenbosch. Hulle het twee jaar gelede na Hartenbos verhuis. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders. Haar liefde vir haar kinders en kleinkinders is vir haar ’n groot inspirasie om te skryf en harte en gesinne te bereik.