Lostorring
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250 (BTW ingesluit)
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025
ISBN: 978-1-997460-07-7
Baie mense vra hulself af wie die stywe omhulsel gaan lostorring waarin die samelewing hulle vasvang. In hierdie bundel bevry die digter homself met digkuns, rou en onpretensieus. Hy het ‘n natuurlike aanleg vir woorde, ritme en metafore. Verwag om ontroerd uit hierdie leeservaring te kom. – Diana Ferrus
Jadrick Pedro
Jadrick Pedro (1994) is ’n digter van Ceres in die Wes-Kaap. Hy het reeds twee digbundels deur middel van selfpublikasie die lig laat sien. Gesamentlike bundels waarin sy werk opgeneem is, sluit in: Digterstemme 2020 (Minimal Press) en In woorde gebaar (Die Mengelmoesdigters). In 2021 is hy as die wenner van die Hugh Hodge Poetry in McGregor Award aangewys by die oop-mikrofoon-geleentheid vir sy gedig “Pa”. In 2022 behaal hy tweede plek in die Afrikaanse afdeling van Poetry in McGregor se digkompetisie. Hy deel graag sy werk by feeste soos die Tuin van Digters in Wellington en die Adam Small Fees in Pniel.
