Strik
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R280
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 126 bl
ISBN: 978-1-0370-3802-0
Verstrik
om woorde saam te strik
en in versreëls te laat bind
verg ’n flink hand en ferm blik
op wat die sintuie ook al vind
Oor Gerhard Barkhuizen
Gerhard Barkhuizen (1956) is ’n sielkundige en visuele kunstenaar. Hy het in 2022 met Smee as digter gedebuteer. In Strik, sy tweede bundel, bewys hy weer sy vakmanskap met die woord en die kort gedig, veral die kwatryn. Hy slaag daarin om ontglippende ervarings – liefde, familie, ouderdom en dood – in die strik van sy verse te vang.