Select Page

Historiese Almanak

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Pryse: R420 (BTW ingesluit)

Verskyningsdatum: Februarie 2026
Aantal bladsye: 302
ISBN: 978-1-0492-5080-9

 

Historiese Almanak is ’n keur uit die skrywer se gewilde radiopraatjies en koerantrubrieke oor gebeure van die verlede. Dit is reeds vroeg in 1982 die eerste keer op die senders van die ou Afrikaanse Radiodiens (die voorloper van RSG) uitgesaai, in ’n era toe internetnavorsing nog nie moontlik was nie. Reg van die begin af was dit die unieke aanslag van dié programme en rubrieke wat luisteraars en lesers vasgenael gehou het. Die wenverhaal duur voort. 

Die afdelingstitels is: Eie stories; Politiek en polemiek; Nuus van ’n ander aard; Uit Suid-Afrika se verlede; Oorlogsverhale; Baanbrekers, planmakers en uitskieters; Kalante, kreature en kaskenades; Kuns, vermaak en musiek; Skrywers en boeke; Silwerdoekstories en Sportstaaltjies.

Albé Grobbelaar

Albé Grobbelaar is ’n bekroonde Bloemfonteinse uitsaaier, rubriekskrywer en joernalistiekdosent. Sedert 2022 skryf hy ook ’n weeklikse rubriek onder die titel Onthou jy nog? vir Netwerk24 en Die Burger. Die koerantrubrieke is ook in Volksblad en Beeld gepubliseer. Hy word bestempel as ’n meesterjoernalis wat sy eie genre geskep het, ’n lewende geskiedenisboek, ’n nuusskrywer wat die kuns van storie-vertel moeiteloos bemeester het.