Select Page

Maplotter-blues

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220
Eerste uitgawe, eerste druk, 2022, 70 bl
ISBN 978-0-6397-3926-7

Hierdie gedigte, sê die digter, is “los gedagtes, oorspronklik neergepen op obskure flentertjies papier, pamflette en ander byderhand-oppervlakke iewers tussen 1992 en onlangs. Gelukkig het die meeste daarvan verlore geraak in trekprosesse, in gatsakke in wasmasjiene en deur net plein wear and tear. Dit is wat dit is en hier is dit.” Maplotter-blues is egter méér as dit. Dis ’n versameling ongewone gedigte oor ongewone mense se alledaagse dinge en laat die leser dikwels dieper kyk as na blote gedagtes op flentertjies papier.

Oor Sarel van Zyl

Sarel Jacobus van Zyl is in 1973 in Carletonville gebore en sy gesin verhuis drie jaar later na Sundra. Hy matrikuleer in 1991 aan die Hoërskool Sundra. In 1994 behaal hy sy B.Com. in bemarking aan die Universiteit van Pretoria en voltooi ook ’n nagraadse kursus in mediabestuur. Sy skoolloopbaan en tersiêre opleiding som hy in twee woorde op: “Baie stories”. En oor sy eerste betrekking by ’n hardeware-winkelgroep sê hy: “Min stories”. Hy het onder meer by ’n nasionale bierverspreidingsmaatskappy en in die Krugerwildtuin gewerk voordat hy by sy eie kleinsakeondernemings betrokke geraak het (“Baie stories”), en solank as wat hy kan onthou, het hy gedigte en gedagtes op stukkies papier geskryf. Hy woon en werk steeds in Sundra.