Select Page

Mietsie Meerkat se dapper daad

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R150
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 42 bl
ISBN: 978-1-0370-5359-7

As jou beste vriend hulp nodig het, doen jy alles wat jy kan om hom of haar uit die moeilikheid te kry. Dis mos waarvoor vriende daar is! Toe Blessie Bloukraanvoël op ’n dag ’n baie groot ongeluk oorkom, was Mietsie Meerkat gelukkig daar om te help.

Oor Jurina Aucamp

Jurina Aucamp van Hartenbos in die Suid-Kaap was 30 jaar lank ’n onderwyseres, die laaste deel van haar loopbaan by die Laerskool Gene Louw in Durbanville. Sy is getroud met Bennie Aucamp, afgetrede skoolhoof van Laerskool Eikestad op Stellenbosch. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders. Jurina se liefde vir haar kinders en kleinkinders is die groot inspirasie agter haar skryfwerk. Jurina het in 2021 met haar eerste kinderboek gedebuteer. Sedertdien het hierdie titels in haar Dierematersreeks verskyn: Ronnie die renostertjie, Bella Bromvoël red die diere, Chrissie Miskruier se avontuur, Truida se groot wens, Skillie Skilpad se slim plan, Trappies leer om te deel, Stephnie en Georgie se avontuur, Lara Flamink en die groot skoonmaak, Bekkie By en die byeboer en Mietsie Meerkat se dapper daad.