Die bosnimfies
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 56 bl
ISBN: 978-1-0370-8802-5
Naby die mooi dorp Knysna is daar ’n reuse-bos met die naam Grootbos. Die bome is so hoog, dat dit lyk asof hul takke aan die wolke raak. Die plante groei ruig en die sonlig weerkaats op die helder waterstroompies. Daar is ook klein bokkies, baie soorte voëls en selfs ’n paar bos-olifante. Waarvan niemand jou nog vertel het nie, is dat daar ook nimfies woon … klein-klein wesentjies met name soos Fleur, Blaartjie, Doudruppel, Florette, Maanlig, Sterretjie, Sonstraal … en natuurlik die pragtige koningin Luna. Die bosnimfies vertel in drie verhale van die avonture van hierdie fee-agtige mensies in die digte woude aan die Kaapse Suidkus.
Oor Maretha van der Westhuysen
Maretha van der Westhuysen van George het in ’n huis vol boeke grootgeword. Lees, stories verbeel en stories vertel was nog altyd deel van haar lewe … verhale wat dié oud-onderwyseres graag met haar leerders, drie kinders en vyf kleinkinders gedeel het. Ná die publikasie van twee kortverhaalbundels, Deur haar venster (2021) en Skakerings van kort (2023), was ’n kinderboek volgende op haar doen-lys. Maretha is ’n gewaardeerde lid van die Klein-Karoo Skryfforum en het al verskeie skryfkompetisies gewen.
