Select Page

Die wysheid van Zani-beer

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2022. 48 bl.
ISBN 978-0-6397-4598-5

 

Die wysheid van Zani-beer is die verhaal van die hegte vriendskap tussen Klein-Maggie en haar troetelbeertjie. Maar dis nie sommer ’n gewone wollerige speelding nie – Zani kan praat en weet van baie dinge wat Klein-Maggie nog nie mooi verstaan nie. As daar iets gebeur wat Klein-Maggie pla of seermaak, is Zani nie net daar om haar te troos nie, maar vertel haar ook wat sy alles hieruit kan leer. Dié storie vereenvoudig vir selfs voorskoolse kinders moeilike begrippe soos vreugde, liefde, vriendelikheid, geduld, selfbeheersing, dankbaarheid, verantwoordelikheid, getrouheid, waarheid, vergifnis, vrede, jaloesie, goedhartigheid en nederigheid. “’n Mens is nooit te oud om te leer nie,” lui die spreekwoord.
Maar ook nooit te jonk nie …

Oor Irene Nel

Irene Nel is ’n gebore Namibiër wat jare lank in Suid Afrika gewoon het, voordat sy uiteindelik in 2001 permanent teruggetrek het na haar geboorteland waar sy die afgelope veertien jaar ’n onderwyseres is. Haar passie is haar geloof, haar man en kinders en om die jeug te help om rigting te vind. Sy is op haar gelukkigste wanneer hulle as gesin saamkuier of wanneer sy en haar eggenoot in Hentiesbaai langs die see vis probeer vang.