Zani sê nee
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2024. 46 bl.
ISBN: 978-1-0370-0231-1
Klein-Maggie se hart is baie seer toe daar iets vreesliks met een van haar maatjies by die skool gebeur. Dit het haar troetelbeertjie, Zani, aan die dink gesit oor ’n belangrike woord wat Klein-Maggie moet sê om haarself te beskerm – soos wanneer iemand haar aanmoedig om iets te vat wat nie aan haar behoort nie; wanneer mense lelik praat of lelike flieks kyk; wanneer ’n vreemdeling aan haar wil raak of ’n foto van haar wil neem. Zani-beer noem hierdie kort woordjie kinders se “kodewoord” om hulself te beveilig.
Oor Irene Nel
Irene Nel woon in Windhoek waar sy die afgelope veertien jaar ’n onderwyseres is. Haar lewe draai om haar gesin en haar geloof. Kinders is haar passie – daarom leef sy haar uit in haar skryfwerk en het die afgelope jare verskeie kinderboeke die lig laat sien: Die wysheid van Zani-beer (2022), Zani-beer en Klein-Maggie kuier in die wildtuin (2023) en Zani-beer en Klein-Maggie se seevakansie (2023).