Select Page

Raamwerk

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R240.00
Eerste uitgawe, eerste druk: 2023. 72 bl.
ISBN 978-0-6397-9702-1

 

Die digter probeer in sy verse mense se lewens raam – dié van glanspersoonlikhede, verskoppelinge, familie, sy eie – en in woordportrette vasvang. Dit is sy enigste verweer teen die onkeerbare gang van die tyd. Hy kyk met ’n skerp kamera-oog na die wêreld én na die digwerk van sy voorgangers. Meermale word die erns verlig deur ’n flitsende humorsin. 

Jy wens jy kon tyd in sy sandloper keer –
te gou het ’n leeftyd deur die gleuf geglip.

Oor Kobus Grobler

Kobus Grobler is ’n onderwyser van Bloubergstrand. Hy het grootgeword in die Oos-Transvaalse Laeveld en matrikuleer aan die Hoërskool Richardsbaai. In 2018 verwerf hy ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy gedigte is in Toulopers, verse vir tieners (2011), Sterkykers (2015) en Maskers en mure (2021) gepubliseer. Sy kortverhaal, Spieël, is in 2019 in die US Woordfeesbundel, Jonk, opgeneem. Sy roman, Die middag reën roet, verskyn in 2022.