Select Page

Lewe die sous werd

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R240
Eerste uitgawe, eerste druk. 2023. 124 bl.
ISBN: 978-0-6397-6642-3

met die aarde kennis maak

vingers in die klei

aardgeleiding van die gees

op dees aarde wees 

 

Anita van der Walt is versot op die lewe mét sy vreugde en verdriet. Sy ervaar tegelyk die aantrekkingskrag van die aarde en die bevryding van ’n geloof in die ewige en bo-aardse. Sy skryf sowel beeldryke vrye verse as vormvaste haikoes en tankas. Lewe die sous werd is ’n boeiende vervolg op haar bundels Hierdie Maandag is abstrak van 2020 en Op die nerf af van 2022.

Oor Anita van der Walt

Anita van der Walt (1957) is op Potchefstroom gebore. Sy is ʼn mediese dokter van beroep en woon in Kaapstad. Sy hou van boeke, klassieke musiek en keramiekkuns. Sy en haar man, Tjaart, vlug dikwels uit die stad na die Baviaanskloof waar hulle met olywe boer.