Select Page

Die grondgeitjie roep

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220
Eerste uitgawe, eerste druk 2023
ISBN: 978-0-6397-7219-6

Emmie Bedeker se gedigte oor die landskap en die liefde is so aards soos die Namibsand en so helder soos daardie onbesoedelde naghemel.

Namibiese seënbede

Mag die reën jou sambreel wees 

die hele somer lank in hierdie dorre land,

’n mopanievuur ’n lamp vir jou voet,

die Melkweg ’n dak vir jou kop

en mag daar ’n Toyota-bakkie wees

vir al jou goed.

Oor Emmie Bedeker

Emmie Bedeker is op Prins Albert gebore waar sy gematrikuleer het. Die meeste van haar vakansies het sy in die Klein-Karoo op haar ouma se plaas deurgebring. Sy het B. Verpleegkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, is met ’n skoolliefde getroud en  het twee dogters. Ná ’n paar jaar van woon en werk op Stellenbosch is die gesin na Namibië waar hulle net drie jaar wou vertoef. Hulle woon egter steeds op dieselfde klein plekkie, Khorixas in Damaraland, waar hulle begin het: Die natuurskoon en eenvoud het hulle in die land gehou. Hier moes Emmie noodgedwonge ’n loopbaanskuif maak. Sy het vir die Universiteit van Namibië gewerk en haar M.A. in Afstandsonderrig verwerf, maar is deesdae eie baas.