Select Page

Sielskos

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R350
Eerste uitgawe, eerste druk 2024. 392 bl.
ISBN: 978-0-7961-4036-4

 

Irene Nel skryf al nege jaar elke dag ’n geestelike boodskap op Facebook wat sy “Sielskos” noem. Dit bestaan uit ’n Bybelteksvers, gedagte en gebed om mede-Christene te voed en te bou “omdat so baie van ons meer gereeld net daardie ietsie nodig om ons gemoed te lig”, sê sy. Nou het Irene van hierdie dagstukkies uitgesoek en in boekvorm beskikbaar gestel … ’n versameling wat vir 366 dae van die jaar ’n kort, opbouende boodskap bied om jou in gesprek met God te bring.

Oor Irene Nel

Irene Nel is ’n gebore Namibiër wat jare lank in Suid-Afrika gewoon het, voordat sy uiteindelik in 2001 permanent teruggetrek het na haar geboorteland waar sy die afgelope veertien jaar ’n onderwysers is. Naas haar geloof is haar familie haar grootste passie. Haar man en beste vriend, Kallie, haar twee pragtige dogters, Marianne en Renette, haar twee wonderlike skoonseuns, Johan en Gerhard, en haar kleinkind, Xané, is die vreugde van haar lewe. Sy is op haar gelukkigste wanneer hulle as gesin saamkuier of wanneer sy en haar eggenoot in Hentiesbaai langs die see vis probeer vang. Irene is ook die skrywer van die Zani-beer-kinderboekreeks. Irene bou haar lewe rondom haar gunsteling-Bybelvers, Jeremia 29:11, met dié belofte van die Here: Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting.