Select Page

Truida se groot wens

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R140
Eerste uitgawe, eerste druk, 2021. 37 bl.
ISBN 978-0-620-96043-4

Truida Volstruis woon saam met ’n ander klomp plaasdiere op Boer Ben se plaas in die Klein-Karoo. Al is dit baie droog, word hulle almal gereeld gevoer; selfs ’n nuwe kamp met groen weiding word aangelê. Daar is één ding in Truida se lewe wat haar baie hartseer maak. Tog, op ’n dag toe daar amper iets vreesliks op die plaas gebeur, vergeet Truida haar eie seer hart en doen iets baie dappers om haar vriendin, Klippie Volstruis, te help. Dit verander ook Truida se hele lewe. ’n Leersame boek met ’n woordelys, idiomatiese uitdrukkings en interessante feite oor volstruise.

Oor Jurina Aucamp

Jurina Aucamp was 30 jaar in die onderwys, met die laaste deel van haar loopbaan by Laerskool Gene Louw in Durbanville. Jurina is getroud met Bennie Aucamp, afgetrede skoolhoof van Laerskool Eikestad in Stellenbosch. Hulle het twee jaar gelede na Hartenbos verhuis. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders. Haar liefde vir haar kinders en kleinkinders is vir haar ’n groot inspirasie om te skryf en harte en gesinne te bereik.