Select Page

Huisies vir muisies

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220
Eerste uitgawe, eerste druk, 2024. 46 bl.
ISBN:  978-1-0370-1609-7

Xavier en Kendrick het van kleins af geleer dat die buitelug en oefening goed is vir jou om fiks en gesond te bly. Dis waarom die twee boeties graag in die veld gaan fietsry, terwyl Mamma, Tannie en Oom saam met hulle stap om die natuur te geniet en te sorg dat hulle veilig is. Dis hier waar die seuns op ’n dag ’n veldmuisie teëkom … en deur dié diertjie leer dat jy van kleindag af ewe goed vir jou tande as vir jou lyfie moet sorg.

Oor Chareldine van der Merwe

Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, woon in Kylemore, ’n pragtige dorpie naby Stellenbosch. Haar liefde vir lees en leer word weerspieël in haar werk wat daarop gerig is om kinders te leer lees en ’n liefde vir stories by hulle te kweek. Sy bied gereeld werkswinkels aan oor voorlees, leesbegrip en leeruitdagings, die waarde van boeke en die belangrikheid van ’n goeie taalbegrip. Sy het haar eie leessentrum in haar dorp begin om kinders met lees- en leeruitdagings te help, is ’n motiveringspreker by skole en tree dikwels op as beoordelaar vir taal- en leesontwikkelingsprojekte. Sy is getroud met Edward en hulle het twee volwasse kinders en ’n kleinseun, Barrett. Chareldine is passievol oor Afrikaans as taal in al sy variëteite. Chareldine het in 2022 die Kokertoekenning vir bemagtiging deur Afrikaans van die Afrikaanse Taalraad ontvang vir haar werk by die ATKV en in haar gemeenskap. In 2024 is sy deur Afrikaans100 benoem as een van die Top-10 Vroue met ’n Impak óp Afrikaans, deur Afrikaans.