Geloof in God is poësie
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Pryse: R270 (BTW ingesluit)
Verskyningsdatum: 2026
Aantal bladsye: 216
ISBN: 978-1-0492-4333-7
Ons almal verstaan geloof op verskillende maniere. Geloof in God is poësie handel oor geloofskwessies en hoe ’n mens verantwoordelik binne ’n wetenskaplike werklikheidsbeskouing daaroor en oor God kan dink. Daarom word hier twee vrae behandel: Hoe dink en praat ons oor God? En: Kan ons anders oor God dink? Dit is nodig dat ons die Bybel minder letterlik en meer poëties verstaan. Poësie verwoord die waarheid op ’n dieper vlak, dit sê méér as die woorde self. Daarom is dit wat die Bybel oor God en oor geloof sê inderdaad poësie.
Danie van Zyl
Danie van Zyl (1951) is ’n boorling van die Overberg. Hy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en is vir agt jaar predikant van ’n Xhosa-sprekende gemeente aan die Transkeise Wildekus. Ná verdere studie begin hy ’n interkerklike Bybelskool vir Xhosa-sprekende kerkleiers in die Kaapse townships, wat hy vir 25 jaar bedryf. Hy het ’n verskeidenheid van bedieningsverwante materiaal vir die Xhosa-gemeenskap geskryf, waarvan derduisende eksemplare al verkoop is. Sy huidige belangstelling is om die moderne mens te help om nuut oor God, geloof en die Bybel te dink.
